Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Aandwedloop | Night Run

8th December 2021 @ 6:30 pm - 9:00 pm

Met die groeiende uitdaging om die lewensgehalte van pasiënte met lewensbedreigende siektes, asook hul gesinne, te verbeter, is dit nou die tyd om draf-draf (of stap-stap) geld in te samel vir die Drakenstein Palliatiewe Hospies. Boonop is talle medaljes en kontantpryse op die spel wanneer die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Paarl Atletiekklub se jaarlikse Aandwedloop op Woensdag, 8 Desember 2021, op die beeldskone Paarlberg plaasvind.
Die 10km-Aandwedloop, wat ingevolge die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek aangebied word, begin om 18:30; dit volg ʼn opwindende en uitdagende roete op teer- en grondpaaie. Die inskrywingsfooi is R70 en tydelike nommers (vir diegene wat nie lede van ʼn atletiekklub is nie) is beskikbaar teen R40. Die gesellige 5km-Woordloop, wat om 18:45 begin, is gemik op die hele gesin – selfs stootwaentjies is welkom! Die inskrywingsfooi is R50 en deelnemers skryf in met ’n prettige Afrikaanse woord in stede van ʼn nommer. In beide gevalle is stappers is ook welkom, dus daar is g’n verskoning om nie gesond, goed en vrygewig te voel nie.
Deelname aan die 10km-wedloop sal tot 500 beperk word, en mense word aangemoedig om voor 12:00 op Maandag, 6 Desember 2021, in te skryf deur Lucky Mokwena op mokwenal@sun.ac.za of 084 826 5895 te kontak. Indien daar nog plekke is, kan deelnemers op Saterdag, 4 Desember, tussen 10:00 en 12:00 of op die wedloopdag self tussen 16:00 en 18:00 by die Taalmonument registreer. Vir navrae oor die 5km-Woordloop, kontak Jeffrey Pietersen op 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za. Toegang is gratis vir ondersteuners.

Details

Date:
8th December 2021
Time:
6:30 pm - 9:00 pm

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl
Paarl, Western Cape 7646 South Africa
+ Google Map
View Venue Website