Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Sterrekykpiekniek | Stargazing Picnic

29th January 2022 @ 6:00 pm - 10:30 pm

Hemelse skattejag wag by Taalmonument / Heavenly treasure hunt awaits at Taalmonument (English below)
Skitterende 47 Tucanae sigbaar in die suide tydens Sterrekykpiekniek
Dit is ʼn nuwe jaar, dus hoog tyd dat Kapenaars en besoekers die skitterende sterrehemel – spesifiek die sprankelende sterrebondel 47 Tucanae – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 29 Januarie 2022. Dit beloof om ʼn feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ʼn pragtige sonsondergang en ʼn gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ʼn goeie saak.
Gaste kan die heelal verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op 47 Tucanae, die heelal se tweede helderste bolvormige sterrebondel wat pragtig sigbaar in die suide is.
Die pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en skiereiland geniet. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies en drankies (geen glas) te bring. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou asseblief verkykers, warm kleding en maskers. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers gevra om nuwe of tweedehandse kinderboeke ter ondersteuning te skenk.
Die geleentheid begin om 18:00 waarna besoekers van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur. Die toegangsprys is R50 per volwassene en R10 vir onder-18’s; kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809 of kommunikasie@taalmuseum.co.za) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae op die dag self. Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word. Die volgende Sterrekykpieknieks is op 26 Februarie en 26 Maart.
Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. DIE TAALMONUMENT EN TAALMUSEUM IS OOP VIR BESOEKERS. Jaarpermitte kos R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.
Heavenly treasure hunt awaits at Taalmonument
Sparkling 47 Tucanae visible in the south during Stargazing Picnic
It’s a new year, so it’s high time that Capetonians and visitors get to know the glittering starry sky – specifically the sparkling globular star cluster 47 Tucanae – during the Afrikaans Language Museum and Monument’s stargazing picnic on Paarlberg on Saturday, 29 January 2022. It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting; in addition, a spectacular sunset and visit to the iconic sculpture is included, and the event is in aid of a good cause.
Visitors can explore the galaxy with the help of the Orion Observation Group (OOG) whose friendly members like to share their knowledge and telescopes for free. The focus is on 47 Tucanae, the universe’s second brightest globular star cluster that is beautifully visible in the south.
The picnics are popular with locals and overseas visitors who especially enjoy the beautiful views of the valleys, mountains and peninsula. Guests are welcome to bring their own picnic and drinks (no glass). Safe parking is available and entry is controlled. Please remember binoculars, warm clothing and masks. Visitors are encouraged to explore the area, and there are outdoor games and playgrounds for the children. The picnic series is in aid of ‘Let’s Read!’, the Taalmonument’s literacy project for children, and therefore picnic-goers are invited to donate new or second-hand children’s books in support of this project.
The event starts at 18:00 where-after visitors can stare into the skies from 20:00 to 22:30. The entrance fee is R50 per adult and R10 for under-18s; tickets are available at Computicket or the gate, but booking (021 863 0543/4809 or kommunikasie@taalmuseum.co.za) is essential to ensure sufficient telescopes. Unfortunately, Stargazing picnics will be cancelled if the weather doesn’t play along – call 073 853 3100 or 083 544 6510 for weather inquiries on the day itself. Pre-bought tickets can be transferred or reimbursed. The next Stargazing Picnics are on 26 February and 26 March.
For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also many resources for school and research projects. THE LANGUAGE MONUMENT AND LANGUAGE MUSEUM ARE OPEN TO VISITORS. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics.

Details

Date:
29th January 2022
Time:
6:00 pm - 10:30 pm

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl
Paarl, Western Cape 7646 South Africa
+ Google Map
View Venue Website